Paljas: Skooluitgawe
Op 'n verlore spoorweghalte is stasiemeester Hendrick McDonald 'n teleurstelling vir sy vrou, Katrien. Sy loop bedags agter die huis en huil as sy dink niemand sien haar nie. Hulle dogter, Emma, kan nie meer klavier speel nie en is vasgevang in 'n saai liefdesverhouding. Hulle seun, Willem, praat twee jaar lank nie meer nie. En al vier maak asof niks verkeerd geloop het nie. Maar dan bring 'n sirkustrein vir Manuel die nar in hul lewens. Eers werk sy paljas met Willem, dan met hulle as gesin. Nou moet dit nog met 'n hele gemeenskap werk . . .
CHF 15.45
Preise inkl. MwSt. und Versandkosten (Portofrei ab CHF 40.00)
Versandkostenfrei
V216:
Noch nicht erschienen, Juli 2021
Produktdetails
- ISBN: 978-0-624-06861-7
- EAN: 9780624068617
- Produktnummer: 27883516
- Verlag: Tafelberg
- Sprache: Afrikaans
- Erscheinungsjahr: 2015
- Seitenangabe: 148 S.
- Plattform: EPUB
- Auflage: 1. Auflage
Über den Autor
Christiaan Johan (Chris) Barnard is op 15 Julie 1939 op Mataffin in die distrik Nelspruit gebore. Hy matrikuleer in 1957 aan die Hoërskool Nelspruit. Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria waar hy sy BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Kunsgeskiedenis as hoofvakke verwerf. Hy debuteer in 1961 op 22-jarige ouderdom met die novelle, Bekende Onrus, waarvoor hy die CNA-prys ontvang. In 1967 begin Chris as joernalis by Die Huisgenoot werk, en sy rubriek Chriskras word later in drie bundels gepubliseer. In 1971 verskyn sy tweede roman, Mahala, wat steeds as 'n klassieke Afrikaanse boeke beskou word. Hy lewer, as een van die belangrikste Sestigers, 'n groot bydrae tot die Afrikaanse letterkunde onder meer weens sy veelsydigheid: romans, novelles, rubrieke, jeugverhale, kortverhale, verhoogdramas, hoorspele, essays, filmdraaiboeke, radio- en televisiedramas het uit sy pen verskyn. Hy het verskeie pryse ontvang en is twee keer met die gesogte Hertzog-prys bekroon. Deesdae boer hy op sy plaas, Thulani, in Mpumalanga met lemoene en makadamianeute.
15 weitere Werke von Chris Barnard:
Bewertungen
Anmelden